eUni is vir gewone mense, wat ‘n buitengewone passie het om die Bybel beter te verstaan. eUni is ‘n aanlynonderrigplatform, wat uit ‘n verskeidenheid modules bestaan, wat deelnemers toelaat om teen hul eie tempo te leer. Elke jaar bestaan uit vier kwartale bestaan. Elke kwartaal kry jy vier seminare. Elke seminaar bestaan uit vier episodes. Elke episode is ‘n video van ongeveer 25 minute. eUni bied hierdie videosessie asook ‘n eenmalige uitdeelstuk om jou te help om jou vaardighede en kennis rakende die Bybel en die wêreld van die Bybel uit te brei.
Ons fokus vir JAAR 1 is om die Bybelse wêreld te ontdek asook om te fokus op die sinoptiese Evangelies:
Kwartaal 1: ONTDEK DIE WêRELD VAN DIE BYBEL:
Kwartaal 2: OP REIS DEUR MARKUS, DIE VROEGSTE EVANGELIE
Kwartaal 3: OP REIS DEUR MATTEUS, DIE LERENDE EVANGELIE VAN DIE VROEË KERK
Kwartaal 4: OP REIS DEUR LUKAS, DIE AARDSE REISVERHAAL VAN JESUS
Ons fokus vir JAAR 2 is om te fokus op die Paulus en enkele van sy briewe:
Kwartaal 1: ONTDEK PAULUS:
Kwartaal 2: GALASIëRS EN 2 KORINTIëRS
Kwartaal 3: PAULUS EN DIE ROMEINEBRIEF
Kwartaal 4: KOLOSSENSE EN EFESIëRS
Besoek www.ekerk.org/euni, of https://euni.co.za. Klik op die “Registreer Nou”-knoppie en volg die aanwysings om jou inligting in te sleutel en ‘n betaling te maak.
Ons aanvaar betalings via ons veilige betalingstelsel (PayFast). Jy kan met jou kredietkaart en instant EFT, of ander aanvaarde betalingsmetodes betaal. Volg die aanwysings op die webwerf om jou betaling te voltooi.
eUni skop amptelik in Februarie 2024 af. Jy kan egter die eerste kwartaal op enige tyd vanaf Februarie 2024 begin, nadat jy geregistreer en betaal het. Jy het vir die hele jaar toegang tot die kursusinhoud.
Absoluut! Alle videolesse is beskikbaar vir herhaling en kan soveel keer as wat jy wil gekyk word.
Dit is nie moontlik om die video’s af te laai nie. Jy kan die video’s slegs kyk as jy ‘n internetkonneksie het, terwyl jy na die video kyk.
Eerstens moet jy registreer en die betaling maak. Daarna gaan jy ‘n e-pos ontvang van die skakel om te volg na die eUni-platform toe. Jy teken in met die e-pos en wagwoord, wat jy ingesleutel het. Daarna benodig jy ‘n internetkonneksie om na die video’s te kyk. Die toestel waarop jy gaan kyk, moet klank kan speel, of ‘n luidspreker of oorfone moet ingeprop kan word om die video’s se klank te hoor. So moet jou toestel ook die moontlikheid hê om die internet te gebruik (Internet Browser), soos Google Chrome, Bing, Safari. Jou toestel benodig ook ‘n program om ‘n PDF af te laai en te lees.
Ja, ons bied ‘n eenmalige uitdeelstuk in PDF-formaat aan, wat jy kan aflaai en druk vir persoonlike gebruik. Neem asb kennis dat die inhoud videoformaat is. Die afsonderlike sessies gaan nie notas of transkripsies van die video’s beskikbaar hê nie.
Die eUni-betaling en -lisensie word per gesin uitgereik. Dus kan jy dit graag deel met jou man, vrou of kinders, wat saam in dieselfde huis woon. Andersins geld eUni-registrasie slegs vir een persoon wat daarna kan kyk en die kursus kan voltooi.
Indien jy enige probleme of navrae het, kontak asseblief ons kliëntediensspan by euni@ekerk.org. Ons is hier om jou te help en sal ons beste doen om jou vrae te beantwoord en jou probleme op te los.
Jy kan die kursusse teen jou eie tempo voltooi.
Ja, as jy elke jaar van die kursus suksesvol voltooi en jy na elke kwartaal ‘n meervoudige keusetoets geslaag het, sal jy ‘n sertifikaat van voltooiing ontvang. Hierdie sertifikaat sal in PDF formaat wees.
Die toetse is opsioneel. Daar is ‘n meervoudige keusetoets aan die einde van elke kwartaal. Indien jy ‘n sertifikaat wil ontvang, dan is die toets noodsaaklik. Indien jy nie ‘n sertifikaat wil hê nie, dan hoef jy nie die toets te voltooi nie. Indien jy nie die toetse voltooi nie, gaan daar dus ook nie ‘n sertifikaat uitgereik word nie.
eUni kos R400 per kwartaal. Jy kan kwartaalliks registreer en betaal, of jy kan R1600 vir die hele jaar betaal.
Hierdie eUni kursus is nie terugbetaalbaar nie.
eUni is ten volle digitaal, alle lesings word vanaf ‘n platform vrygestel, jy gaan na die video’s kan kyk soos jy op Facebook of Youtube na video’s kyk (LW: die video’s is nie aflaaibaar nie!) Jy gaan egter op die platform ‘n gratis uitdeelstuk kan aflaai wat net addisionele leesstof is tot Jaar 1.
Sodra jy geregistreer het en jou betaling gemaak het, sal jy ‘n e-pos ontvang wat jou na die eUni platform toe sal neem waar jy jou profiel kan skep.
Jaar 1 word vrygestel deur die loop van 2024, Jaar 2 gedurende 2025 en Jaar 3 gedurende 2026. Indien jy egter na die vrystellingsdatums registreer, sal al die inhoud waarvoor jy geregistreer het, beskikbaar wees vir jou om op jou eie tyd en tempo dit te kyk asook die opsionele toets te skryf.
Jy kry ongelukkig nie ‘n studentenommer nie. Jy sal kan inteken op ons eUni platform deur van jou e-pos en wagwoord gebruik te maak. Hierdie skakel om jou wagwoord en profiel te skep sal gestuur word soos genoem hierbo by registrasie.
© eKerk Vereniging