Algemene Voorwaardes en Bepalings

Algemene Voorwaardes en Bepalings vir eUni Aanlyn Kursusse (T&C)

ONS MOEDIG U AAN OM HIERDIE ALGEMENE VOORWAARDES EN BEPALINGS NOUKEURIG TE LEES EN OM ONS TE KONTAK INDIEN U ENIGE VRAE HET. DEUR ONS DIENSTE TE GEBRUIK OF VIR ‘N KURSUS TE REGISTREER, STEM U IN OM DEUR HIERDIE BEPALINGS GEBIND TE WORD. INDIEN U NIE INSTEM OM DEUR HIERDIE BEPALINGS GEBIND TE WEES OF NIE ‘N BINDENDE OOREENKOMS AAN TE GAAN NIE, HOEF U NIE VIR ‘N KURSUS TE REGISTREER OF ONS DIENSTE TE GEBRUIK NIE.

  1. Inligting oor eUni
    1. eUni is ‘n bediening van Ekerk Vereeniging en is ‘n informele en nie-geregistreerde fasiliteerder, waar slegs ‘n sertifikaat van voltooiing uitgereik kan word.
    2. eUni bied ‘n aanlynkursus en -modules aan, wat toeganklik is via ons webwerf (hierna verwys as “Die Dienste”, www.euni.co.za). Hierdie kursusse kan insluit, maar is nie tot, videolesse, uitdeelstukke, toetsing en sertifikate van voltooiing beperk nie.
    3. Die kursusinligting op ons webwerf, insluitend beskrywings, koste en beskikbaarheid, kan sonder kennisgewing gewysig word. Ons streef egter daarna om akkurate en relevante inligting te verskaf.
    4. Deur tot hierdie algemene voorwaardes en bepalings in te stem, stem u ook in tot die volgende beleide, wat van toepassing en toeganklik is op ons webwerf (insluitend by www.ekerk.org en www.euni.co.za: ons Privaatheidsbeleid, Koekiebeleid, Webwerfgebruiksbepalings en enige ander beleid, wat van tyd tot tyd op ons webwerwe beskikbaar gestel word (“Beleid”).
  2. Registrasie en Betaling
    1. Om ‘n kursus te volg, moet u geregistreer wees en die toepaslike kursusgelde betaal.
    2. Betalings kan gedoen word met die betalingsmetodes, wat op ons webwerf aangedui word. Alle betalings is aan ons betalingsbeleid onderhewig.
    3. Na betaling sal u toegang tot die kursusmateriaal kry – u registrasie is nie oordraagbaar nie.
  3. Gebruikers verantwoordelikhede
    1. U stem hiermee in om die kursusmateriaal slegs vir persoonlike en nie-kommersiële doeleindes te gebruik.
    2. U stem in om ons kopiereg, handelsmerke en ander eiendomsregte te eerbiedig en nie ons materiaal op enige wyse te kopieer, aan te pas, te versprei of te publiseer sonder ons uitdruklike skriftelike toestemming nie.
    3. Verbode gebruik: Die volgende aksies is verbode:
      1. Die beskikbaarstelling van kopieë van die kursusinhoud (of enige gedeelte daarvan) op ‘n netwerkbediener, webbediener of ‘n ander webwerf, vir gebruik / ondersoek deur ander;
      2. Die gebruik, vertoon of andersins beskikbaarstelling van die kursusinhoud (of enige gedeelte daarvan), of enige ander materiaal in ‘n elektroniese of gedrukte formaat, wat dit moontlik maak om dit via ‘n mobiele toestel af te laai of te versprei na enige derde party – geeneen van voorgenoemde mag gedeel word in enige eweknie- of enigiets wat die verspreiding van die kursusinhoud op enige ander manier moontlik maak nie;
      3. Die sublisensiëring, herverkoop, verhuring, uitleen, toewysing, afstaan, skenking, oordrag of verspreiding op enige ander manier van die Kursusinhoud of jou regte wat ingevolge hierdie bepalings aan jou verleen is;
      4. Omgekeerde ingenieurswese, dekompilering of uitmekaarhaal van enige sagteware, wat in Kursusinhoud of op die Aanlynkursus vervat is;
      5. Die verwydering van enige kennisgewing van kopiereg, die handelsmerk of enige ander eiendomsreg vanaf enige plek, waar dit vertoon word of waar dit ingebed in die kursusinhoud. (‘n Voorbeeld hiervan sal wees om die IPTC-data te wysig).
    4. Basiese vereistes: Om te registreer, sekere ondersteuning te ontvang en ‘n kursus te voltooi, moet u vaardig in Afrikaans en Engels wees. U sal ‘n geldige e-posrekening en toegang tot ‘n rekenaar en die internet moet hê. U moet vertroud wees met die gebruik van ‘n rekenaar en hoe om die internet te gebruik, aangesien u dokumente in Adobe PDF Reader moet kan lees. U kan Adobe Reader hier aflaai: https://get.adobe.com/reader/?promoid=BUIGO
    5. Internetbesoekvereistes: Ons beveel aan dat u Google Chrome as u webblaaier gebruik, wanneer u toegang tot ‘n aanlynkursus verkry. Alhoewel dit nie ‘n vereiste is nie, het ons gevind dat dit die beste vir maklike toegang tot kursusmateriaal presteer. Dit kan van die volgende webwerf afgelaai word: https://www.google.com/intl/en/chrome/browser/.
      1. Platformvermoë: eUni is dalk nie ten volle versoenbaar met alle mobiele toestelle, insluitend slimfone en tablette nie. Om in so ‘n geval toegang tot u aanlynkursus te verkry en effektief daaraan deel te neem, sal u toegang tot ‘n tafelrekenaar of ‘n skootrekenaar benodig. U sal self vir die koste van internettoegang en van enige opgraderings, wat aan u rekenaar of mobiele toestel aangebring word, verantwoordelik wees.
    6. Bykomende vereistes: Sekere kursusse kan bykomende sagteware en hulpbronne vereis. Hierdie bykomende sagteware- en hulpbronvereistes sal by registrasie en / of aan die begin van die kursus aan studente gekommunikeer word. Neem asseblief kennis dat Youtube in ons kursusaflewering gebruik kan word en as hierdie dienste in u jurisdiksie geblokkeer is, kan u probleme ondervind om toegang tot kursusinhoud te verkry. Ons beveel sterk aan dat u met ons gesels voordat u vir ‘n kursus registreer, as u enige kommer het rakende u ervaring met die Aanlynkursus. As ons derdepartytoepassings (“Derdepartytoepassings”) by ‘n kursus insluit, sal u aanvaar en instem om gebonde te wees aan enige bepalings en voorwaardes van derdepartytoepassings, wat aan sulke toepassings toegeskryf kan word. U is verplig om op u eie koste die nodige sagteware en hulpbronne te bekom wat vir kursusvoltooiing vereis word – ons sal nie aanspreeklik gehou word vir enige gevolge van die gebruik van sulke sagteware of hulpbronne nie. Ons borg of onderskryf nie en is ook nie geaffilieer by die entiteite, wat verantwoordelik is vir sagteware en hulpbronne nie, tensy dit uitdruklik anders vermeld word – dit is bloot programme, wat gekies is vir hul globale gebruikspatrone en doeltreffendheid vir die kursusuitkomste. Ons kan die kursusvereistes vir ‘n spesifieke kursus te eniger tyd verander deur u deur die toepaslike aanlynkampus te adviseer of u te e-pos by die e-posadres, wat u verskaf het.
  4. Kansellasie en Terugbetaling
    1. Kansellasie van ‘n kursusregistrasie kan onderhewig wees aan die ekerk-direksie se diskresie.
    2. Ons behou die reg voor om ‘n kursus te kanselleer, te verwyder of te wysig, sonder voorafgaande kennisgewing om enige rede, wat ons nodig ag. In so ‘n geval sal ‘n volle terugbetaling aan u gemaak word.
  5. Toegang tot die Kursusmateriaal
    1. Ons streef daarna om u ononderbroke toegang tot die kursusmateriaal te bied, maar ons kan nie verantwoordelik gehou word vir enige tydelike onderbrekings of onbeskikbaarheid van die dienste nie.
    2. Toegang tot die aanlynkursus kan verkry word deur die eUni-webwerfskakel, wat aan u verskaf is tydens u registrasie, te volg. Alle kursusverwante dokumentasie word in elektroniese formaat verskaf en kan deur hierdie skakel verkry word.
    3. Kommunikasie: U kan kommunikasie, wat Kursusadministrasie en verwante doeleindes betref, per enige elektroniese medium (insluitend, maar nie uitgesluit, e-pos, Sosiale Media, Whats-App, sms’e ens) van eUni-verteenwoordigers en ekerk ontvang. Dit sluit ander inligting, wat verband hou met u registrasie of hierdie Algemene Voorwaardes en Bepalings, in. U stem in tot die ontvangs van sulke kommunikasie, alhoewel u enige tyd deur die verskafde onttrekkingsmeganisme  kan onttrek van enige generiese bemarkingskommunikasie, wat nie met Kursusadministrasie verband hou nie.
  6. Sertifikate van Voltooiing
    1. Na suksesvolle voltooiing van ‘n een jaar kursus en sy relevante modules, sal ‘n sertifikaat van voltooiing uitgereik wNa suksesvolle voltooiing van ‘n eenjaarkursus en die relevante modules daarvan, sal ‘n sertifikaat van voltooiing in PDF-formaat uitgereik word. Dit sertifikaat is onderhewig aan ons voltooiingsbeleid.
  7. Aanspreeklikheid
    1. Ons doen ons bes om akkurate en nuttige inligting te verskaf, maar ons gee geen waarborge nie en waarborg ook nie enige spesifieke resultate nie. Ons is nie aanspreeklik vir enige verliese, skade of ongerief, wat voortspruit uit die gebruik van ons dienste nie.
  8. Wysigings aan die Algemene Voorwaardes
    1. Hierdie Algemene Voorwaardes kan sonder voorafgaande kennisgewing gewysig word. Dit is u verantwoordelikheid om van tyd tot tyd die voorwaardes te herlees en te verseker dat u daarmee saamstem.
  9. Kontak Inligting
    1. Vir enige vrae of navrae, kan u ons kontak by euni@ekerk.org.Tydens die gebruik van ons dienste, stem u in om aan hierdie Algemene Voorwaardes en Bepalings gehoorsaam te wees. Ons beveel aan dat u hierdie voorwaardes aandagtig lees en verstaan voordat u enige van ons kursusse volg of daarvoor registreer.
  10. Intellektuele eiendom
    1. Voorbehou van regte: Behalwe waar die teendeel uitdruklik gestel word, word kopiereg in die HTML, teks, grafika, oudiogrepe, videogrepe, bron- en / of objekkode en alle ander werke (insluitend handelsmerke en -name) vervat op die webwerf of andersins aan studente verskaf deur eUni, deur ons besit of aan ons gelisensieer, en ons behou al ons regte in dié verband. Toegang tot of gebruik van ons dienste en kursusse sal op geen manier lei tot ‘n lisensie van enige intellektuele eiendom, wat deur ons of enige ander party besit word nie.

Veilige betalings deur: